Brief van die wind
Brief van die Wind
Saggies het ek geblaas om jou aandag te kry.
Jy het my vermy.
‘n Koel bries
vanuit die weste het ek gebring.
Ek het my bes probeer dat jy sou voel dat ek jou omring.
Hitte uit die Ooste het ek gebring.
Steeds kon jy my teenwoordigheid net nie voel nie.
Sterk wind het verwoesting gesaai.
Jou hele wêreld het skielik omgedraai.
Reën het ek saamgebring om die ellende te kon seën.
Uit stof skryf ek ‘n brief met die hoop
jy sal my hierdie keer beleef.
Jare het gekom en gegaan. Ek was altyd daar.
Jy was so gedaan.
My liefde vir jou sal altyd bestaan.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.