Die maskerbal (Tussen André P.Brink en Ingrid Jonker)
Sy dra ‘n masker,
ryp wit van albaster.
“Onthou jy nog, daai dag by die see?”
Hy dra ‘n masker,
swart gegiet soos ‘n donker abissaal.
“Daar was ‘n mandjie vol dadels
en ‘n trossie drywe wat ons kon deel”
Hoe donkerkil is ‘n winter,
swaai-swaai-om en om oor die vloer.
“Die sand gly tussendeur jou tone,
soos tyd tussen verliefdes vergaan”
Sy loer diep en sekuur,
soos iemand wat weet, daar is iets wat jy nie wil sê.
“Jy vaar weg vanaf my, vêr oor die wye oseaan”
Die dans is nie meer nie.
“EK gee myself oor, oor aan die see…”
Daar was ‘n mandjie vol dadels
en kokonwolke wat stagneer;
sy dra ‘n masker van witryp albaster…
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Junie 2025 – PIEKNIEK projek