goeie vriendskap (Volgens die Skrif)
die beste vriend wat jy ooit geken het;
“die Here het met Moses gepraat
van aangesig tot aangesig, soos:
‘n man met sy vriend”
vriende wat die Here dien, is soos vars kole op die vuur
“Hy was altyd daar vir my”;
“Hy was altyd reg met ‘n grappie en iets om my op te beur”;
“Hy was altyd bereid om te help waar hy kon”
onder druk kom vriendskappe se werklike waardes na vore
gesonde, betroubare, lojale, en geestelike volwasse
vriend of vriendin is onombeerlik tot die welheid
van die totale mens.
vriendskap wat ‘n leeftyd hou,
is soos ‘n boom met diep wortels,
sterk genoeg om die storms en veranderinge
van die lewe te weerstaan
te veel vriende kan vir jou probleme oplewer
’n mens kry ’n vriend wat nader aan jou is as jou eie broer
twee is beter as een,
want hulle het ‘n goeie beloning vir hulle arbeid
want as hulle val, kan die een sy maat optel;
maar wee die een wat val
sonder om ‘n ander te hê
om hom op te help!
wees hartlik teenoor mekaar met broederliefde.
in eerbied moet die een die ander voorgaan
moenie te veel by jou buurman gaan kuier
dat hy te veel van jou sien en weersin in jou kry nie
verdra mekaar en vergewe mekaar
as die een teen die ander iets het,
soos Christus julle vergewe het,
so moet julle ook doen
yster slyp yster,
so slyp die een mens die persoon van die ander
dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus
want wat ons saambind is ons liefde vir die Here!
eEk beur opwaarts uit die oomblikke van verdriet,
verlies, swakheid, en teleurstelling.
groter liefde het niemand as dit nie,
dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.