OUE MENS VERGETE MENS
OPGEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETHUIS.
Oue mens, vergete mens, jy’s
Weg gebêre tussen veilig mure.
Opgesluit in gans vergetenheid.
Hoe word ek tog weer mooi? Vra jy.
Die plooie het verdrink
In sorge en verlatenheid.
Sal jy my help
Om mooi te lyk?
Sien jy my raak?
Verweerde liggaam
In ‘n rolstoel:
Net een been
met net een skoen.
En ‘n gesig wat
Niemand sal begeer.
Verweerde mens,
Weet jy dat God bestaan?
Jy’s nie ‘n alte mooie mens –
Was liefde ooit jou deel?
Hoor jy as God sê:
Jy’s mooi en kosbaar, ja, vir My.
Glo jy in Hom?
Vind jou lewe lewe sin
In Hom?
Jy lag met verrimpelde gesig,
wat gleuwe maak en genade wys.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Annamarie du Toit
Deernisvol.