
DOELLOOS OM EN OM
OP GEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETEHUIS.
Om en om.
Dieselfde pad.
Sonder begrip.
Sonder verstand.
Doelloos om en om.
Hoe was jou lewe,
mensekind met geen verstand?
In watter boek
Sal ek jou storie vind?
Was daar vreugde?
Was daar begrip?
Het kinderlaggies
Vreugde wel gebring?
Het hul voete gate
In jou hart getrap?
Mens om en om.
Is jou hart verbrand
Deur sonde mag?
Om en om.
Leef God in jou hart?
Ken jy Hom?
Maak Hy ‘n verskil
In jou doelloos
Om en om bestaan?
Weet jy dat God
Jou lief het?
Hoor jy as Hy sy liefdeslied
In jou ore fluister?
Jou oë lag met my.
Jy’s mooi, sê jy vir my.
Jy lag as jou oë
Myne vind.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.