Plaveisel Karsinoom (Kanker)
Plaveisel karsinoom (KANKER)
Soos diep verrotting in ‘n boom se stam
weggesteek agter bas en blaar
elke sel geskeer onder dieselfde kam
die gif gesaai, vloeïend deur elke aar
gekweek in die dieptes van ‘n donker hel
sy lyf in ‘n bodemlose put van pyn gegooi
is weer-eens ‘n trotse Seder neergefel
geluidloos jou vernietigingswerk voltooi
gebreekte oë wat pleitend smeek om hulp
die diagnose wat finaal kom stroop van alle hoop
wil ek my hande beskermend om jou seerkry skulp
word hartseer met kettings om ons harte vasgeknoop
maar aan die einde was God se wil genoeg vir my
genadig die dood, jou gebroke liggaam van kanker bevry
Mariette Stoker
4 Kommentare
-
Koekekranka
Besonders!
-
Ronel Janse van Vuuren
Baie goed verwoord.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die ‘n Stem vir Gesondheid projek