Alsheimer’s, demensie en verlies van geheue
Twee doodsgordyne wat eens oë was
verstar sielloos, sienloos verby my blik
en eens se lewensglans word dowweglas,
tydsamig-gou tot onbegrip verstrik…
Verward, verdwaal, het ek toe haar gevind
(met min onthou!) in son se bloedig’ heet,
haar kaak geklemd en hare ongebind,
die rug verkrom …my en my naam vergeet!
“Kom help, ek soek al heeldag na my ma…”
teem sy met oё starend in die niet.
“Maar waar was Ma?” het ek benoud gekla.
“Kom, laat ons huistoe gaan!” het ek gebied.
…En toe het ons -deur Alsheimer’s venyn-
tot met haar dood ons ma’s bly soek in pyn…
8 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die ‘n Stem vir Gesondheid projek
-
Ronel Janse van Vuuren
Baie goed verwoord.
-
Marisa Labuschagne
Maak sommer (hart) seer hierdie treffende beeld van 'n wrede siektetoestand!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Mariette
Baie mooi beskryf. Die oumense het mos gepraat van die persoon is kêns. Maar gelukkig kan daar nou 'n mediese verduideliking gekoppel word aan die siekte.