
Nooit Weer
Nooit Weer!
Die stormseegolwe in jou gemoed
is uitgewoed en het bedaar en
die hart se onstuimige donderslae
is herstel tot sy kalm ritmiese klop,
want jy het vrede gemaak dat die
verhouding vir altyd verby is en merk
‘n wit vredesduif uitgelaat sweef verby
in die bloulug van jou oë en die reënboog
oorspan die blou pupillehemel en kondig
die einde van jou droewige hartseer
tranereën aan met die belofte en getuienis
van al sewe reënboogkleure as kworum so
‘n hartbrekery en tranereën is vir jou verby!
Nooit weer!
Janetta – Helena [babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig met so n positiewe slot!