STORM GEMOED
STORM GEMOED
My hart huil taai doringboom gom
klewend, trillend van die pyn in my
staar ek met dowwe oë die toekoms in
verby die hoop van post TB se nuwe begin
gedagtes soos krom vinger takke
ronddwaal in gange van pynlik onthou
verdwaas oor die skielike verlies
tog te wagte, maar hoekom so gou?
soekend na jou stem en hande se streel
die dood het ons saam oudword kom steel
huil die wind skrillend deur die gate in my gemoed
moet ek wag dat die storm homself uitwoed
Mariette Stoker
2 Kommentare
-
Kiekies
Ai mens dis so seer! Tog so goed verwoord!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Hierdie is seker n opvolg op jou vorige werk Mariette en is dit ook hier wat die diep hartseer werklik na vore kom