Jongste aktiwiteit:

Omnivoorspons

Omnivoorspons.

Mens onthou soms tot ver in die
verlede met slegs ‘n geheueskelet in
breë trekke want oor die fyner detail
het ‘n wasigheid toegesak en jy kyk
deur tyd se dof gekraakte glaspaneel – – –
Daar was egter gebeurtenisse so skielik
en akuut waarvan die impak helder en
blywend uitstaan en die trauma ‘n angel
wat jou hart lewenslank deurpriem want
die scenario vervaag nooit – – –
Die geheue is ‘n vraatsige onversadigbare
omnivoorspons wat alles ondeurdag
opslurp hetsy vreugde, verdriet, of kennis
en stoor as lewenslange geestelike padkos
sommige smaaklik en aangenaam en
ander onverteerbaar en sleg – – –

Janetta – Helena [Babs] ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed