INSPIRASIE
Soek my in die klippe
waaruit die son selfs die stof laat verdamp.
Soek my in die blaar, die bas
van die onnuttigste onkruid.
Soek my in die grofheid
van die fynste korreltjie sand.
Soek my in die dorre grashalms
wat meesleur in die aandwind.
Soek my in die eenvoud,
die niks, die altyd maar daar.
Soek my in dit wat ander miskyk,
die vanselfsprekende bestaan.
Soek my in die eerste oogopslag,
die aanvaar sonder verstaan.
©HMellet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.