wieke
jong woorde
wat die eerste keer
hul wieke sprei
oor duine
van velde
wyd en uitgestrek
waai dit liggies
en soms
luid
omhels dit alles
waaroor dit
suis
in wind
van
nag,
dag
en
sag
fluister
dit
wat my siel
wil sê
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.