Dans in die Reendruppeltjies
Rondtomtalie, rondomtalie, draai sy al in die rondte,
glinster ogies vrolik en bly, met laggie klokhelder
terwyl armpies uitgestrek na kante,
al in die rondte in die reendruppels draai.
Kaalvoetjies hardloop sy van boom na boom,
met blye blydskap van reentjie wat val.
Dogtertjie klein, maar 3 jaartjies oud,
geniet die reen soos niemand anders kan
Van kleins af lag sy van druppeltjies val op haar wang
geniet elke oomblik van handjies wat druppeltjies vang
sorgvry deur die water min gepla van rokkie nat
met voetjies wat trap, trap in waterplas.
Hoe sonnig koel lyk dit wanneer glimlag
en ogies soekend na iemand wat mag kyk
watertjies wat van haartjies af drup
en ‘n kinderhartjie te bly om in water te speel .
Louisa van Vliet (Amazon)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.