Jongste aktiwiteit:

Die Groot Letter K (Kanker)

Soveel keer, ja soveel keer besigtig in die spieel,
alom die ander dag, verskyn die groot gevaar
sonder emosies word dit in oenskyn geneem
maar diep binne in jou, wil jyself dit nie gewaar
dan kom die noodsein, maak ‘n plan

Maar jy bly skop daarteen, want tog aanvaar
dat die groot K jou tog nooit sal pla, stadig beweeg
jou gedagtes, dit kan mos nie, skielik tref die alarm
jou brein, en besef dit kan. Holderste bolder jaag jy
na die seine, wat skielik die prikkelsin jou brein wakker,

‘n oproep verder en jy weet dit was die regte oomblik
wit mure vertel vinnig vir jou dit is nou jy of die K
verwyder skree jou binneste vir jou, want met jou wil
ek tog nie meer nie, glimlaggend kom die besef dit is
verby, gevaar nie meer daar, die groot K is uit.

Met ontnugtering skrik jy verder wakker
met verdere gewaarwording van vele ander
moet jy deur die volgende fase aan jakker
behandeling hier, behandeling daar,
jou persoon nie meer wie jy werklik is nie

Die kaal kolle verskyn al meer en meer
totdat eendag geen haar meer op die hoof
snikkend en met verbystering aanstaar jy jouself
gaan jy deur die dae en nagte van verwarring,
hoekom moet ek die dood in die oe staar,

en skielik gewaar ek dat die groot Geneser my aanvaar,
verrassend kom die antwoorde voor my neergelee
En met verontwaardiging word ek verlos van die edele K.
hoe wonderbaarlik die genesing van die Groot Hand
en die edele K, ver verwyder van ‘n Geloofwaardige.
die groot K onsigbaar weer, en die verhaal bly getuig.

Louisa van Vliet (Amazon)




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed