Onoorwonne – Die dag toe apartheid gesterf het
Die winterson het fier
oor die ou Transvaal geskyn
in drie-en-sestig duisend harte
het Shosholoza epies refrein
Laag oorhoofs, dreunend in die lug
oorverdowend deur die atmosfeer;
ʼn makrostraler, voor stolpunt in vlug
Om heldemoed te motiveer
“Good Luck Bokke” op sy pens gegrif
Ewe asemrowend, die klimaks daarna
toe Madiba durf in springboktrui
wense van welslae
aan die spankaptein oordra
En later onoorwonne
sou die reënboogvolk seëvier;
verenig om apartheid
– verpulwerd –
op ʼn hellevaart te stuur
© Loretta Szikra
20190723
* Verpulwerd = pulwer + verwilderd
Die dag toe apartheid gesterf het
Ellispark: 24 Junie 1995
Wêreldeindstryd: Suid Afrika vs Nieu-Seeland
Telling: 15 – 12
GeÏnspireer deur Invictus (Madiba se gunsteling gedig)
Out of the night that covers me,
Black as the pit from pole to pole,
I thank whatever gods may be
For my unconquerable soul.
In the fell clutch of circumstance
I have not winced nor cried aloud.
Under the bludgeonings of chance
My head is bloody, but unbowed.
Beyond this place of wrath and tears
Looms but the Horror of the shade,
And yet the menace of the years
Finds, and shall find me, unafraid.
It matters not how strait the gate,
How charged with punishments the scroll,
I am the master of my fate:
I am the captain of my soul.
© William Ernest Henley – 1875
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek