
HEMEL se PÊREL
HEMEL se PÊREL
hemel se pêrel in ‘n vaste rots
‘n diep fondasie van liefde in my los
sodat ek deur dik en dun
vir my ook ma se liefde gun
immers kan ek staande bly
moeder voel nog so naby my
steunpilaar en rolmodel
moederliefde is al wat tel
dit beteken nog soveel meer
mis my Ma nog keer op keer
ek het Mamma nog innig lief
my enigste moederlief
die dood het jou kom haal
die eensaamheid is so finaal
hoe vul ‘n mens hierdie leemte?
eensaam en leeg
dit maak so bitter seer
stukkend is my hart geskeur
haar stem is nou stil en koud
Ma se hart was soos pêrels en goud
©Eleen van Deventer Vorster
16/12/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.