Kardoeslapperwoorde
Waar gogeltrane
sypel deur klawers
van ń aftoon minnelied,
wegsyfer in krake
van hartsverraad
in tydlose smaad gegiet…
vind ek tussen skeure
van Dante se grot
kardoeslapperwoorde
in spektum van kleure
wat rinkelend binne my bot.
Neologismes:
* gogeltrane = gogel (oë verblind) + trane
* hartsverraad = hart + verraai
* aftoon = off tone (engels vir vals note) leuens
* kardoeslapperwoorde = kardoespapier + skoenlapper + woorde = Dus: woorde wat vlerke kry
* Dante se grot = simboliseer poësie.
©Loretta Szikra
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Ja, Afrika het sy eie tyd; 'n Dag word dae, dae weer weke en so aan en in Afrka-tyd was ek vasgevang om nie hierdie werkie van jou eerder raak te kon lees nie -tot nou! (En dit raaas deurdag in my gedagtes... Te wonderlik vir oorvertel!) Baie dankie vir so mooi Loretta!