Amendement
Amendement
Profaan kaal die spykers ingeslaan
swam sperm’ars’leër keiser geëer
met stok en slot got die lot …
orige orgie orkaan vir die sot
wreek die wreker steek die breker … ledig die beker
breuk die aarde palm ten hemele
verhewe enk’ling sneuwel
in eng’lpsalmween
oor edik eed … een-een … geen genade verleen
allenig ‘n moeder eenkant in ween
teenstrydig die rede verleen
‘n geboorte rein en eg
uitgeskel as sleg
‘n volk se geboortereg
deur ‘n laaste dolk besleg
groei stadige doodbloei
skoei ‘n lyf in Logos
word ‘n naam aan ‘n bloedprys vasgeboei om vir genade te veg met … net ‘n stentor swakke energie en vlekke bloedbont druppel genade uit gapend ge(k)erfde wond’
die rol vervul die wil die rol om die dors te vul in die taaiswart bloedgestolde mond’
die graf bewaak … nou ontwaak
die doeke agtergelaat ‘n tuinierstriomf in die stille oseaan wat die graf verlaat
om ná die derde dag by poorte as wag
uit hemele te praat na Hy die terra se aandskemering waardig verlaat.
©️ DollaLerm
29/03/2022
Neologisme:
sperm’ars’leër : saad van barbaar
Tera: Aarde (Latyns)
Logos: Christus “die Woord”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.