Sheol Silwer
sy lekkende vuurtong
spuug helse vuur
uit die donker gapende mond –
inferno afgrond na sheol –
wagtend op siele offers van bo
terwyl sapiens in dronkenskap
om kruis en kop baljaar
gluur duisende gulsige oë
hande uitgestrek
vlammende vingers gereed
te verskeur en te veslind
in brakwater onheilig en vuil
trap modderpote sirkels
al om die pentagoon
waarin sissende swart kerse brand
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek