ooptes in my siel (Silwer)
waar
geen waters van onrus
stormsterk emosies
of weeïge troosteloosheid
al geheers het nie
waar
vergenoegdheid soos mos
tussen klowe blyk
silhoeëtte lugspieëlings en eggo’s
die weerkaatsings is
van ongekend-sublieme
rus en vrede
dáár
laat ek niks toe
ook dwaal ék nie daarheen af
maar behoed en bewaar dit getrou
sodat ek wanneer nodig
met ten minste
‘n titsel ongereptheid
kop omhoog sal kan staan
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek