RICHTERSVELD
RICHTERSVELD
In die oop vlaktes
van die skone Richtersveld
strek die klipagtige berge
rotsformasies gestapel opmekaar
op hierdie verlate dorre aarde het
GOD al die klippe uit die hemel gegooi
in GOD se verlate vlaktes hoor jy
die eggo’s van die doodse stilte
Richtersveld se verlatenheid
aanskou jy kaktusplante vêr uitmekaar
langs twee rye rooisand paadjies
pronk vetplante en botterbome
GOD het uit die hemel sy groot
handdruk op ń klip kom los
op een van die grootste rotse
hulle noem dit Hand van GOD
GOD se natuurroete vind jy die
asemrowende rustige oranje rivier
wat vloei regdeur die Richtersveld
lê tussen die hoë rotsagtige berge
in hierdie beeldskone wonder natuur
@Eleen van Deventer Vorster
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 – Digkuns projek