
STOOMTREIN
STOOMTREIN
Ek hoor die trein se harde fluit
stoom borrel by die lokomotief uit
hoor ek hoe swaar die enjin druis
sukkel die trein die opdraande uit
hoor ek tik tak klanke op die spoor
deur berge en klowe in my oor
deur die venster kyk ek vêr terug
na die rooi lang trokke op die spoor
kronkel die trein slang al langs die rivier
deur asemrowende mooi natuur
oor die staal brug en bo oor die rivier
in die donker tonnel stoom hy deur
verdwyn die swart rook van die trein
die trein gaan sy bestemming bereik
by elke klein stasie stop die rooi trein
totdat hy sy eie eindpunt bereik
@Eleen van Deventer Vorster
4 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 – Digkuns projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
As treinliefhebber uit die stoomera het hierdie werk aan my hart gevat. pragfoto Eleen