
Die onwerklike mooi
Asemrowende sonsondergange
deur die kunstenaar God geskilder
dis nie sommer net woordjies,
wat waai in die wind…..
dis die manier hoe die mense daar praat
Ek skep ‘n emmer vol sand
net ‘n gedagte van ‘n spierwit strand
ek vang ‘n stukkie sonstraal
en gly op ‘n brander daarmee heen
In my hand ‘n weskus mossel
‘n bossie fynbos, die see in die verte
hier is alles WOES mooi en WOES woes!
Weskus, O jou mooie land
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek