Jongste aktiwiteit:

Kopiereg voorbehou(silwer)

As my hart ‘n afdruk was
nés die foto’s
van vervloë kinderdae
en uitspansels van natuurtonele
breek die blou in swart en wit;
trane oor my graf
skilfer die maan
en rasper die oë
vul die groen met vreugde vol liefdes gebare,
slegs dan kan jy kopiereg voorbehou,

bewaar die sak
bewaar die meel
bewaar die een
wat jou van my wou steel!

©Morné du Preez




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed