onreg
–
so het hulle hom hier ingedra
doodstil lê hy op sy rug met oë wat star
na die plafon staar, so asof hy nog sien
die aanstormende rooi geklede gevaar
–
my gekraakte hand vryf sag oor sy baard
gekoek in bloedstrepe van sy haarlyn af ondertoe
waar oop wond nog saggies pols en bloed sypel
deur verbruinde gaasverband inderhaas gerol
–
so lê hy nou al dae lank en yl van koors
toe kom die vyand om hom te soek en moor
hy kom vervaard orent en vlug die rante uit
bandolier en geweer slepend agterna
–
vanuit die rante skiet hy een skoot
wat tref en een soldaat word neergevel
hy gee oor na groot gesmeek van my
word hier voor my kinders vermoor
–
sal ek hierdie onreg vergewe my Heer
sal ek dit ooit heeltemal kan vergeet my Heer
honderd jaar het nou al verby gevlieg en tog
met elke moord vermoor hul hom weer
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.