triomftog
–
‘n bus vol spelers
met skuimende bekers
prettig, wuiwende skare
landmerk van menslike
vreugde en plesier
selfs die effens
gewonde ry
saam
–
‘n skare wit geklede
mense met kleurvolle blomme
beweeg oor landskap van die aarde
landmerk van ewige geluk en vrede
waarin selfs die sleg gewondes
wuiwend saam reis na Sy ewig
glansende woning waarin
Hy self die Lig uitstraal
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.