
van môre
–
steunend het hy
tot op die hoogste
plek op die vervalle
muur geklim
–
voordag het hy
begin stap om teen
sonop daar te wees
sy asem wasem
–
sy hand oor sy oë
staar hy wyd om die
stad van verlorenheid
wat ween in smart
–
dan rig hy sy hand
na die ooste en weste
weergalm sy stem
wyd en duidelik
–
roep hy die kinders
hul ouers en vriende
op om hulself goed
voor te berei
–
ongeag die oormag
van die barbaarse vyand
staan hulle van klein
na groot gereed
–
staan hulle klein
en nederig met hoop
en geloof ingebou
agter hul Vader
–
so gaan tyd verby
tussen hulle sneuwel
daar telkens iemand
maar Hy bly staan
–
deur rook en mis
verrys daar weer mure
met wagposte versier
met wit Woorde
–
in tyd en ewigheid sal
Sy volk nooit vergaan
want in Hom en deur
Hom is alle dinge
–
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vlooi
Pragtig!