Liefde is soms ‘n geveg(silwer)
My mond is ‘n konstruksie
waar jý nie wil wees
jou fondament verkrummel
in ‘n nagmaal, waar die spreeus oor jou wals,
my lippe is versier
teen jou lyf se ewige figuur;
verlore is ons
agter die stuur,
sal jý vlieg, liefste duif
selfs na ek jou vlerke breek
en die son verblind?
dan jaag ons die wind-
ritzel die blare en
skipskopskoppelmaai die jare.
©Morné du Preez
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elizabeth
Sjoe, lieflik Morne!