storm en vrede
wie praat met ‘n stem diep soos die donder
soos ‘n leeu wat brom en brul?
wie kom in die nag sluipend stil soos ‘n dief
sy vuurwaens in hul glorie op die wolke!
wie verlig die wanhoop van nag soos ‘n weerligstraal!
wie roep oorwinnings eggos uit vanaf die kranse troon
wie sweef oor kloof en dal oor rivier en waterval?
vryheid van vlug op die winde en meester oor die seë
in woestyn droogte brand en dors ‘n bokram lafenis
‘n heilige storm, woedende wind en water vloed
groen skadus briese koue strome vars en verfrissend
water wat kabbel tuimel val stort en ruis kalm vrede
~ * ~
ons wag in lewende hoop altyd blymoedig!
hy is getrou, sterk, barmhartig en genadig
heilig die dag van vreugde sang en gesing
gejubel en gejuig loof en prys ons hom!
pars druiwe wingerde nuwe wyn vir water
die land vloei van strome melk en heuning
boom van die lewe brood van die hemel
bring die gerwe arbei groot is die oes!
~ * ~
helder is hy soos die oggend ster
dae van eeue en eeue soos dae
hy is die skone lelie van die dale
lig en liefde rein en suiwer
hy is die prins van hoop en vrede
syne die glorie en krag, die almag ewig
heerser bo alles, ons redder ons heil
die hemelvors koning van konings!
skepper woord word vlees
immanuel, god is by ons!
~ ~ * ~ ~
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.