‘n Terugflits van lank terug
Gelees in jou oӫ
so lank terug
‘n leeftyd se drome
het nog vir jou gewag
Jou stem was toe
nog woorde
jou lag ‘n lied
jou gesig ‘n skildery
Die oggend het sy kop uitgesteek
die wingerde lӗ kaal teen die heuwels
verwelkend
vernietigend
versmeltend
En ek vra die die Here
om my hart te versag
want die wrede werklikheid
steel die mooi daarbuite
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
Pragtige stukkie werk! Niemand kan daarteen stry nie . . .