botter-skots
bitter die vernedering
ontnugter die verraad
in bloedige hinderlaag
te sneuwel , die kind
van die Noord-Kaap
begrawe in grys
geskiedenis van
vergetelheid
maar wraak
wat ewige
tweifel
laat
van – wie
vertrou kan word
wie is bereid daartoe
sy geboortereg te verdedig
of wie sal tot in sy nageslag
lafhartige verraaiers
wees en bly
Ó Tearlach.
(N,a,v, die Veldslag van Nouroegas 23 Mei 1901)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.