Verward
die redes vir rede
lê verspreid deurdie hemeloopte
agter ster vormende stofwolke
in oneindige ruimte,
lig en tyd
eie gewoontes
ingebroei oor geslagte
hergebore in endogenie* sisteme
dwing na vore giere
uit donker hoeke
die redes
bou uit mapara stene
enerse bouval tuistes
in babelse gemeenskappe
vir ń brose individuele bestaan
die redes
kaal van rede
verval in diskrediet
dus wees dankbaar
alle gedagtes is verlore
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.