Pienk Hart
Pienk se irretasie
op die hart
is nie die rooi passie
van ‘n hart in gloed
ook ontbreek dit
in suiwer wit
soos heilige reinheid
eerlik en ongeveins.
Rangskik Liefde
in rooi se dieptes
Oordek dit met ‘n kleed
van suiwerheid,
giet dit in goud
en offer dit aan
mensgode
met harte van vlees.
© CJ Laing 29/12/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.