profiel
van ver af is sy duin klein
feitlik onsigbaar teen die see
hoogwater spoel soms daaroor
laagwater laat dit hoog uitstaan
gister en môres word daar vasgepen
swewende siel van onsamehangendheid
losse woorde wat soms nie eers sin maak
loop kry lêplek op die rekenaar se geheue
oud- maar nog nie koud sit hy
afgerond deur dekades se stres
grys omhul hang sy hoof in stille roep
net golwe breek om sy gedagte gang
elke wending van golwe in pas met tyd
soos metronoom uitgespel met passende wind
misbanke, later hemelhoë wit wolke wat troon
bo al sy gedagtes en drome wat al meer verstil
duine lewe agter hom brom en broei
werk hard terwyl die sonlig daaroor stroom
tortelduiwe roep hul maats in melodieuse sang
fisante skrop en skrik vir elke verbyganger
ver bo sweef sy siel en sien alles raak
wat telkens met sonlig kom en gaan
hoe lank sal lewe hom nog traak
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.