
(arm)beurs
waar hy sit in hul sitkamer
geselskap vloeiende musiek
sweef sy gedagtes alleen
oor alles wat hulle sê heen
gedagtes van toe sy klein was
regte klein vlinder was sy toe
geel hare wat waai in die wind
rabbedoe van die blou berge
lae note sware klanke weerklink
oor ore wat minder waarneem
as ligte gebrabbel van vrolikheid
weerklink teen klankbord van lug
wanneer sy stuiwer val en klink
onderbreek dit dan die ewige niks
met skokkende reëlmaat en frons
oor gesigte van dooie ontkenning
dan sweef sy siel maar verder
oor eensame hinder-lose vlug
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Dis 'n puik stukkie werk oor eensaamheid van ouderdom, waar mens se gebrek aan gehoor en selfs sig jou afsluit van die lewe om jou. Hoe jy dan jou verlaat op herinnneringe uit jou verlede om jouself nie te vergeet in jou afgeslote wêreld. Sjoe, ek was stom oor "wanneer sy stuiwer val en klink...onderbreek dit dan die ewige niks." Dit wys op 'n wilsbesluit om deel te wees van " die ligte gebrabbel van vrolikheid teen die klankbord van lug." En dan volg die skok van die onvanpaste aanmerking. Eindelik onttrek hy hom weer van die lewe, wat hy so graag wil omhels met die woorde: "dan sweef sy siel maar verder oor eensame hinder-lose vlug." Dis puik Tearlach.