Ongetiteld
En nou dat ek wéér, soos lank terug,
bewus word van jou (in my en om my)
het sluise oopgegaan en ruik ek jou
op my vel, nuut soos die eerste lentereën
ja, ek was die wind, opsoek na jou
en waar ek kón het ek gewaai:
in die oop blou lug, oor vlaktes en grasvelde,
selfs die stof in gange van onthou
het ek verwaai
maar nou kan ek myself
in jou oë sien en bely
dat ek jou lief het
nóú kan ek stil raak –
stil want jý is hier.
© Ernst Fernando dos Santos
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.