Jongste aktiwiteit:

Spatsels van kleur

Sag-sag
gly jou woorde deur die nag
stukkies, bietjies
spoel stroompies oor my siel

In jou oë dans die lag van die maan
en die sterre brand
wanneer dit daardeur skyn
jy is vir altyd my valentyn

En ek wonder of ek myself verbeel
‘n warm gevoel spoel oor my hart
soos ‘n veldbrand se hitte
en die son se warm vlamme




1 Kommentaar

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek Palet lees net asb die opdrag vir die projek mooi deur: Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg. Tema: Spyse vir die siel

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed