
Suiker-soet
Die hart vra nie veel
net iemand om die lewe mee te deel
wat is die see sonder golwe?
wat is jy sonder liefde?
Sonder rooi is die son nie mooi
sonder bloed kan ons nie bloei
en sonder drome
sterf jou siel
Die hart vra nie veel
maar soms word hy moeg van soek
op die spyse van jou geure
‘n tintsel groen, ‘n lekkie geel
sprankel nuwe hoop!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek