Jongste aktiwiteit:

val

wanneer golwe druisend injaag strand toe
en met donderende slag vooroor val
in skuimbolle en spoedwalle water
wat uit hardloop op die strand
juig elke meeu van plesier

ouderdom is nie vir sissies nie, sê almal
dis nie die val wat so seer is nie sê ek
dit is die opstaan wat so lank neem
val oor die sewentig dan voel jy
sewe-dae-stywe-siekte se pyn

hoe verdwyn die reënwolke oor die berge
hoe skyn die sonstrale oor my duin
hoe voel jy na nog ‘n pletter-val
hoe aanvaar jy nog ‘n boom-val
hoe mis jy elke boom uit bos

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed