harteloos
om iemand te verloor
om bome om jou te sien val
om net aan te gaan asof niks jou steur
is jy bang vir jou eie swakheid meneer
wanneer dooie seeleeu op strand lê
is daar respek vir sy leweloosheid
later wanneer dit verrot
kom voëls skoonmaak
sluiting moet daar
seker ook wees
heeltemal
harteloos kan
jy nie wees
niks is maklik
om afskeid
te neem
nog
minder
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig Charles, let asb daarop dat die September projek n Engelse sonnet is