
Krakende windpomp siloeët
In spatsels van rooi
sing die windpomp sy laaste lied
lê my drome opgevou in die oranjerooi
wat die mooiste kleure en patrone bied
Die son het voorwaar tot goud gestol
glim deur ‘n skeur
die lig van ‘n maan so vol
wil ek jou soen, so sag en teer
Soveel mooi en prag
liefde hardloop deur my hart se gange
waar ons mekaar ontdek, ontgin en bermin in die nag
Jy is die helfte van my lewe
Sonder jou is ek ‘n planeet sonder ‘n wentelbaan
Jy is my kompas oral waar ek gaan
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig Suzette, let net asb na die Engelse sonnet se vereistes vir hierdie maand se projek