Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand
Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand
Kom ons kyk vir die voëls,
in die lang doringtakke,
die digte plante, bosse,
kossoekend op die grond.
Dis vroegaandtyd
en moeder aarde is koel,
die lug is soos ‘n rivier
wat die stilte skud.
Die ruik van jenewer,
ruimte en wortels
op ‘n oorhoofse liefdeslied.
Dit is hoe ‘n voël moet vreet,
hoe hy uit sy keel moet sing
mossieman, kleiner as my vinger –
vanaand spoel daar waters
waar sy snawel die kos verslind.
Waar is die voëls?
Miskien is dit die geritsel in die blare
of ’n vlugtige klont bruin fluweel
of ’n verplaaste blaar losgelaat.
Was dit ‘n voël? Is dit stof?
Voëls van die duiwel
met hul geneul en gelui
met hul nuttelose vere
hulle sinlose kommentaar
oor alles wat bestaan;
verniel hul die aarde se oeste
stroop die lande van hul graan!
Ek wil hulle nie streel nie,
ek wil hul pompeus sien,
ek wil hulle nie balsem onder glas nie,
ek wil sien waar hul woon,
ek wil van hul gesinne weet
waar hulle hul kinders versteek,
hoe hulle water- en kosplekke nooit vergeet,
en hoe hulle saans gesprekke voer.
Ek wil hulle op my gehuurde mure sien sit,
beelde van rus, ongestoord, grys, swart en wit.
Kan jy hulle hoor?
singend soos ‘n hemelse koor.
3 Kommentare
-
Viooltjie
Baie goeie werk, Hennie
-
Kiekies
Hennie om een of ander duistere rede kan ek nie kommentaar lewer op jou geskrif wat hierna volg nie, maar ek wil net se: ek het saam die vies mense ook weer 'n slag die waarheid gehoor. Jou werke stel my nooit ooit teleur nie. Bravo!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek Hennie let net asb op na die Engelse sonnet se vereistes vir die Septembermaand projek