
wêrelde
my bergwêreld sal nooit vervaag
sy blou skimmerende bergreekse
donker groen inheemse woude
boomreuse groei wolke tegemoet
uit my sitplek op die krans sien ek
verre horisonne sweef in sonstrale
sien ek loeries fladder van tak na tak
hoor ek bosbokke pronk en blaf gul
my bergwêreld verswart in geweld
swewende uitkykpunte sterf in rooi
wend ek my na my duin se wysheid
dan verwonder ek my oor ‘n verlede
soos dae kom en gaan in deinende see
meeue krys en kras oor aas op strand
so sweef my gees oor donker waters
van die hede en verlede ineen gespoel
my duin het binne dae vergroen en dig
word woorde met dankbaarheid gevul
ver van geweld en rooi stofwolke gesit
met hartseer van weleer en stormweer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.