
’n lenteversie
eendag
in die lente
as viooltjies weer so blou;
as duiwe in die pad pronk
en kwisterte, hul nessies bou
as mossies so rinkink
en saad soek in die gras –
dan sal ek weer onthou
dat jy eenmaal
ook hier was
© Carma Shaw
12 September
6:36
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.