As dit winter in September
(Goud)
hoe bibber die lente in die Boland –
by Hermon kelk room lelies in ’n dal
skape verf ’n wit streep teen ’n groen rant
bont beeste wei in vrede teen ’n wal
Groot Winterhoek pryk in ’n sneeugewaad
by Wellington tak akkerbome kaal
canola toon haar sagste geel gelaat
waar mis voor bergvoet na benede daal
orals oor die hange geil gewasse
by Tulbagh roer ’n graspluim in die wind
tot Soetensdal se blink waterplasse
word hemele (in newebeeld) verbind
die lente sal haar altyd trou bewys
al sou September bitterkoud soos ys
© Carma Shaw
12 September 2018
03:20
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek