My brandbos
Ek voel hoe die blou-lip horison
diep in my siel brand
flidder-fladder my gedagtes verby die son
en dit waai draaie om die berg se rant
Ek sien die wolke
ek hoor die wind
wees my rede
waar ek vrede kan vind
Ek wag vir jou
want jy is somer vir my
om my vas te hou
jou glimlag is sonlig vir my
Ons saamwees maak my heel
terwyl die lig hier oor my voete speel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.