Jongste aktiwiteit:

Spookasem

Kom ek en jy jaag die son
tussen geboue deur
tot bo-oor die berge

Dan probeer ons die engeltjies vang
wat hy so plek plek los
sodat hulle ons kan leer vlieg

As ons klaar probeer het
en uitasem op die gras le
kan ons na die sprokiesland

Terwyl die son ons groet
blaas hy vir ons spookasemwolk soene
omhels met silwer

Tussen lang gras en blomme
lê ek en glimlag terwyl ek kyk
hoe hy jou ook vir oulaas soengroet
en jou wange spookasempienk los,
toe weet ek dat ek vir altyd
die son saam met jou sal kan jaag




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed