Hartklop
Hartklop
Met jou oorvloedige liefde
en teer geduld
het jy my skugter hart
vir die liefde laat ontvlam –
‘n Hart wat stukkend was,
ontneem van vertroue,
het jy met jou liefde en teerheid
laat oopkelk tot ‘n bloeisel –
waar jy elke kosbare oomblik
my bestaan se hartklop is.
Yolande van Coller
2 Kommentare
-
Anze
Baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Dis mooi