Jongste aktiwiteit:

Heimwee

Heimwee

Wanneer die wind
Op ‘n sonnige somersdag
deur die takke fluister,
waai hy ook die herinnering
van ons teen my vas.

Van sonnige dae langs ‘n swembad,
met druppels glinsterend op jou wimpers
terwyl jou dimpels dit volmaak afrond,
tot by koue wintersaande opgekrul op ‘n rusbank –
gemeng met die reuk van springmielies en kaaskrulle.

Weg, weg, weg…
Tot by die Voortrekker-Monument
Waar ons gesteelde soentjies deel –
En dan met felle helderheid tot by ‘n warm somersaand
Waar jy dit alles tot ‘n einde maak…

Yolande van Coller




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed