Jongste aktiwiteit:

Die Klein Dingetjies

Die Klein Dingetjies

Ek dink nie aan groot liefdesdade nie
maar aan die byna onmerkbare dingetjies
van ‘n liefdevolle, vredevolle samesyn,
die woordelose begrip en aanvoeling
vir mekaar se gemoed en behoeftes,
rustig saamlees en na mekaar luister
in vrede en liefde en gemaklik tuis
in mekaar se geselskap soos
uitgetrapte gerieflike pantoffels en
‘n knus ou kamerjapon dalk al effens
verslete en ‘n lekker beker koffie
met ‘n laataand versnaperinkie
gemaklik op die rusbank in liefdevolle
beskermende arms omvou en die stil wete
ons is lief vir mekaar—

Janetta – Helena [Babs] ©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed